sk_okt_nov2012_lr
Bykos

3de plek wenner Emelda Eiman se pampoenkoekies resep

Pampoenkoekies

  • 50 ml (3 k) gaar pampoen, fyngedruk (verkieslik botterskorsie)
  • 2 eiers
  • knippie sout
  • 500 ml (2 k) bruismeel
  • 15 ml bakpoeier
  • olie vir vlakbraai (koekies)
  • olie vir diepbraai (poffers)*

STROOP

  • 500 ml suiker
  • 250 ml water
  • 125 ml ingedampte melk (Ideal-melk)
  • 30 ml botter
  • knippie sout
  • 15 ml mielieblom
  • 5 ml karamelgeursel

Klop pampoenmoes, eiers en sout saam. Sif bruismeel en bakpoeier saam en meng met pampoen tot ‘n sagte deeg. Verhit die olie en skep lepels vol pampoen in die pan. Braai tot alkant ligbruin. Dreineer pampoenkoekies op kombuispapier. Skep in opdienbak en hou warm.

Stroop

Verhit suiker, water, ingedampte melk, botter en sout saam. Roer goed sodat suiker kan oplos en bring dan tot kookpunt. Meng mielieblom met nog ‘n bietjie water en roer by stroop. Kook vir 2 minute. Roer karamelgeursel in. Gooi warm stroop ’n halfuur voor etenstyd oor die pampoenkoekies/poffers sodat die sous kan intrek. Geniet…

*As ons pampoenpoffers wil maak, skep ons lepels vol van die beslag in diepvet sodat dit ’n ronde balletjie vorm en braai dit tot goudbruin. Dan gooi ons die sous oor, net soos vir pampoenkoekies.

  • Delina Jacobsohn

    Emelda Eiman se resep vir pampoenkoekies het sekerlik ‘n lekker flater in. Die drukkersduiwel was beslis in beheer!! Dit is seker nie 50ml pampoenmoes nie!! Moet seker 750ml wees!!!!

  • Rene du Toit

    Nou wanneer gaan julle vra vir die beste Kersfees vrugte koek. Ek het dan nou sooooooo ‘n lekker resep?