Foto deur Lee Malan

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Bykos

Aarbeie en olywe met crème fraîche

Ek weet dit klink baie vreemd, maar, glo my…die kombinasie is hemels!
(Genoeg vir 4)
Oondbraaityd: 10 mInute

  • 1 Franse brood, in 12 snye opgesny
  • 60 ml olyfolie
  • varsgemaalde swartpeper
  • 800 g aarbeie, skoongemaak
  • 100 g ontpitte swart olywe
  • 1 houer (250 g) crème fraîche of suurroom
  • 80 g roketblare

Voorverhit oond tot 200 °C. Plaas snye brood op ’n bakplaat, besprinkel met olyfolie en peper en oondbraai tot bros. Sny aarbeie en olywe in kwarte en rangskik op ’n bord. Sit voor met brood, crème fraîche en roketblare.

Wenk
As jy nie baie gesondheidsbewus is nie, kan jy hierdie slaai met geroosterde brioche (ryk brood) eet.