Foto deur Mickey Hoyle
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Bykos

Aartappelslaai

Geen koue ete is die naam werd sonder aartappelslaai op die tafel nie.

• 15 ml olyfolie
• 125 g strepiespek
• 1,4 kg baba- Mediterreense aartappels
• 1 x 394 g-bottel romerige mayonnaise
• 75 ml melk
• 80 g kort sprietuie, gekap
• 8 klein soetsuur argurkies (gherkins), in klein blokkies gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper
• hand vol baba-slaaiblare

Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel olyfolie op ’n bakplaat. Pak spekrepe op bakplaat en oondbraai in warm oond tot bros. Haal uit en dreineer op kombuispapier. Plaas aartappels in ’n kastrol. Bedek met water en bring tot kookpunt op stoofplaat. Kook aartappels tot net sag. Dreineer in ’n vergiettes en laat afkoel. Trek die skille af van die aartappels. Halveer elke aartappel en plaas in ’n opdienbak. Meng mayonnaise, melk, sprietuie en argurkies in ’n mengbak. Geur met sout en peper. Gooi oor aartappels en meng versigtig. Halveer gebraaide spekrepe en rangskik bo-op. Sprinkel baba-slaaiblare oor.