Micky Hoyle

Micky Hoyle

Bykos

Appel-en-bosbessie-marmelade

’n Heerlike soet marmelade wat goed pas by die souterige smaak van bloukaas.
Lewer sowat 500 ml

  • 7 Granny Smith-appels, geskil, ontklok
  • en in blokkies gesny
  • 2 uie, in blokkies gesny
  • 250 g (300 ml) suiker
  • 1,25 ml fyn gemmer
  • 125 ml appelasyn (cider vinegar)
  • 3 – 4 swartpeperkorrels
  • 300 g gedroogde bosbessies (cranberry)

Sit appels, uie, suiker, gemmer, asyn en peper saam in ’n kastrol. Verhit en roer tot suiker opgelos is. Wanneer die mengsel begin kook, verlaag hitte en laat prut oop vir 50 minute. Roer nou en dan. Voeg bosbessies ná die 50 minute by en meng goed. Laat verder oop prut vir nog sowat 20 minute. Skep in gesteriliseerde bottels.