Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Bykos

Baba-aartappeltjies met knoffelpietersielie-bottersous

In die jare sestig en sewentig was die gereg baie gewild, maar deesdae is dit byna vergete. Dis wel moeite om die skille van die klein aartappeltjies af te kry, maar as jy hou van knoffel, sal jy mal wees hieroor.
(Genoeg vir 4 – 6)

  • 700 g baba-aartappeltjies
  • groot hand vol pietersielie
  • 3 knoffelhuisies
  • 100 g (110 ml) botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Stap 1. Plaas aartappeltjies in kastrol en bedek met koue water. Plaas op stoofplaat en bring tot kookpunt. Kook aartappels tot sag. Dreineer in vergiettes.

Stap 1.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Wanneer die aartappeltjies genoeg   afgekoel het, trek jy die velletjies af. Dis makliker om die velletjies van gaar aartappeltjies af te kry as om die ongekooktes te skil.

 

Stap 2.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Kap pietersielie en knoffel fyn. Smelt botter saam met pietersielie en knoffel in ’n diep pan oor lae hitte.

Stap 3.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Voeg aartappeltjies by en laat warm word in botter. Geur met sout en peper.

 

 

Stap 4.