Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Bykos

Baba-kooltjies

(Genoeg vir 6)
Oondbraaityd: sowat 45 minute

  • 6 baba-kooltjies
  • 30 g (30 ml) botter
  • 2 ml fyn neut
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 125 ml water

Verhit oond tot 180 °C. Halfveer kooltjies en plaas in oondbraaibak. Stip botter oor. Sprinkel neut oor en geur met sout en peper. Gooi water onderin bak en sit bakpapier direk bo-op kooltjies. Oondbraai sowat 45 minute tot sag. Sit warm voor.