FOTO Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MRT 2014

Bykos

Basiese pastadeeg

Lê jou pastamaker saam met al jou ander ongebruikte trougeskenke en stof vergader?

Dié naweek is ideaal om jou eie pasta te maak – dis makliker as wat jy dink!

• 500 g (890 ml) koekmeel
• 5 groot eiers

Stap 1

Maak ’n holte in die middel van die meel. Gooi die eiers in die holte. Meng tot ’n stywe, kniebare deeg vorm. As die mengsel te droog is, gooi ’n bietjie olyfolie druppel vir druppel by tot dit kniebaar is.

stap 1

Stap 1

Stap 2

Knie 10-15 minute of tot die deeg glad is. Vorm die deeg in ’n langwerpige wors.

stap 2

Stap 2

Stap 3

Sny die deeg met ’n skerp mes in ses ewe groot stukke.

stap 3

Stap 3

Stap 4

Rol elke stuk uit met jou pastamasjien. Begin by die hoogste stelling en draai geleidelik af tot by nr. 2. Gooi tydens die uitrolproses ekstra meel op die pasta om te keer dat dit vassit.

stap 4

Stap 4

Resep deur Adriana Giardini

Met dié vars pasta kan jy die volgende maak

Ravioli met vleisvulsel

Spinasie-en-ricotta-kaas-ravioli

Pasta met koue salmsous