Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS APR/MEI 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APR/MEI 2014

Bykos

Basiliekruidpesto

Vars basiliekruidblare hou nie lank in die yskas nie – dis dus ’n goeie plan om pesto daarvan te maak. Dis baie maklik en smaak heerlik saam met pasta.
Genoeg vir 2 bottels van 212 ml elk

• 160 g vars basiliekruidblare
• 4 heel knoffelhuisies
• 100 g heel dennepitte
• 250 ml olyfolie
• sout
• 100 g parmesaankaas (50 g per bottel)

Plaas basiliekruidblare, knoffelhuisies en dennepitte in ’n voedselverwerker. Verpulp tot fyn. Gooi olyfolie in ’n dun straaltjie by die basiliekruidmengsel terwyl jy dit verder verpulp. Geur met sout. Skep in gesteriliseerde bottels en maak styf toe. Hou tot ’n week in die yskas. Gooi 50 g gerasperde parmesaankaas by elke bottel wanneer jy dit oopmaak vir gebruik.