Bykos

Basisresep vir gebraaide aartappels

Herman wys jou stap vir stap hoe om gebraaide aartappels te maak. 

Bestanddele

• 12 middelslag-aartappels, geskil
• hand vol tiemie
• 4 heel knoffelhuisies
• 500 ml sonneblomolie
• 2 suurlemoene
• sout en varsgemaalde swartpeper

Stap 1

Verhit oond tot 200 °C. Plaas aartappels in pot met koue water en bring tot kookpunt. Kook vir 6 minute en dreineer. Laat afkoel. Skraap die aartappels aan die buitekant met ’n vurk tot grof.

Stap 2

Gooi olie in skoon oondpan. Voeg knoffel, suurlemoenskil en tiemie by. Plaas in warm oond vir 20 – 25 minute of tot olie vuurwarm is.

Stap 3

Haal uit oond en sit aartappels in olie. Plaas terug in oond vir 30 minute of tot goudbruin aan een kant. Draai aartappels om en oondbraai verder aan ander kant tot bros en goudbruin, sowat 25 – 30 minute.

Stap 4

Dreineer aartappels op skoon kombuispapier en geur goed met sout en swartpeper. Sit voor of gebruik in resepte wat volg.

Stap 5

Heerlike oond-aartappels
FOTO’S: Lee Malan