Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Bykos

Beet-atjar

Die beet het ʼn lekker soet smaak.
(1 x 500 ml-bottel)

  • 720 g beet (6 groot bete), geskil en gerasper
  • 280 g (500 ml) suiker
  • 250 ml witwyn-asyn
  • 5 ml sout

Plaas beet, suiker en asyn in kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Die suiker moet opgelos wees voor die mengsel begin kook. Verlaag hitte en laat prut 25 minute tot meeste van die vloeistof afgekook is. Voeg sout by en laat staan sowat 10 minute voor jy dit in gesteriliseerde flesse skep. Laat koud word en maak toe met deksel. Dit sal 2 weke in die yskas hou.