Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES 13/JAN 14

Bykos

Beet-carpaccio met basiliekruidpesto

Kersfees sonder beet is nie Kersfees nie. Beet is vol antioksidante.
Genoeg vir 6

• 16 groot bete, geel en pers
• 4 takkies roosmaryn, grofgekap
• 45 ml kanola-olie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 50 g parmesaankaas
• 1 x 125 g-bakkie basiliekruid-pesto
• 30 g baba-slaaiblare
• 30 g kappertjiesade

Verhit oond tot 180 °C. Plaas beet in oondbraaibak en sprinkel roosmaryn en kanola-olie oor. Geur met sout en peper. Maak bak toe en oondbraai 30 – 40 minute of tot beet sag en gaar is, maar nie pap nie. Laat afkoel. Gebruik skerp mes of mandolienkerwer en sny beet met skil aan in skywe van 2 mm dik. Pak skywe beet op groot opdienbord of ses kleiner borde, een vir elke gas. Maak skaafsels van parmesaankaas. Gooi oor beet en skep lepels vol pesto oor. Sprinkel slaaiblare en kappertjiesade oor. Geur weer goed. Sit voor