sk0912beet07
Bykos

Beet-en-uie-marmelade

  • 6 middelslag bete, geskil en in klein blokkies gesny
  • 6 wituie, in dun skywe gesny
  • 45 ml botter
  • 15 ml olyfolie
  • 280 g (350 ml) suiker
  • 250 ml balsemasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kook klein blokkies beet vir 15 minute in kookwater. Dreineer en hou eenkant. Braai uie in botter en olyfolie tot sag en deurskynend. Voeg beet by. Braai vir nog 5 minute. Voeg 250 ml van die suiker by. Roer tot gesmelt, voeg asyn by en draai hitte laer. Geur met sout en swartpeper. Laat prut vir 2 ure. Voeg laaste suiker by. Kook vir 5 minute. Skep marmelade in ‘n gesteriliseerde fles. Sit voor saam met kaas en Franse brood.

  • Elsophie Steyn

    ek het hierdie resep 2 maal probeer, maar die eindresultaat na 2 uur is ‘n taai tameletjie. Help.

  • Elsophie Steyn

    Eintlik wil ek baie graag hierdie resep suksesvol maak en sou ek graag wil weet of die 2 ure ‘n fout is aldan nie.

  • Sammy

    Ekt die resep 1keer probeer en was n groot treffer by my vriendinne! Baie, baie lekker! Nodeloos om te se; dit het nie lank gehou!