Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Bykos

Bevrore druiwe

Ek het bevrore druiwe die eerste keer in een van Jamie Oliver se TV-programme gesien. Dit het so lekker en verfrissend gelyk, en dis verspot maklik. Dit werk veral goed saam met kaas aan die einde van ʼn ete.
(Genoeg vir 10)

  • 500 g pitlose rooi druiwe
  • 500 g pitlose groen druiwe

Was die druiwe af en sit dit dan sommer net so in hul verpakking in die vrieskas vir minstens 24 uur. Haal uit en sit voor met kaas van jou keuse.