Foto deur  Donna Lewis

SARIE KOS JUN/JUL 2012

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS JUN/JUL 2012

Bykos

Bier-mosterd

Die mosterd het ʼn anderste soet smaak

(Sowat 1 liter)

  • 125 ml swart mosterdsaadjies
  • 125 ml geel mosterdsaadjies
  • 375 ml asyn
  • 500 ml bier
  • 75 ml heuning
  • 125 ml donker bruinsuiker
  • 10 ml sout
  • 10 ml wonderpeper (allspice)
  • 2 ml borrie
  • 250 ml droë mosterdpoeier

Meng mosterdsaadjies, asyn en helfte van bier in middelslag-mengbak. Maak toe met kleefplastiek en laat staan oornag in yskas. Gebruik ’n skoon pot en meng oorblywende bier met heuning, suiker, sout, wonderpeper en borrie. Bring tot kookpunt. Haal van hitte af en gooi in ’n menger. Laat afkoel. Voeg droë mosterdpoeier en mosterdsaadjies-en-biermengsel by. Puree op hoë spoed tot gladde  mengsel. Skep in skoon flesse wat gesteriliseer is en verseël goed. Sit mosterd voor met wors van jou keuse.

Wenk
Die mosterd kan tot 3 maande in verseëlde flesse in die yskas hou.