Foto deur Donna Lewis
SARIE SEPTEMBER 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE SEPTEMBER 2014

Bykos

Blomkool-en-ertjie-puree

Genoeg vir 6 – 8

  • 65 g (70 ml) botter
  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 6 sprietuie, fyngekap
  • 2 groot koppe blomkool, grofgekap
  • 250 ml melk
  • 250 ml groenteaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 200 g bevrore ertjies

Verhit botter en olyfolie in kastrol. Voeg ui, knoffel en sprietuie by. Braai vir 2 minute. Stel hitte laer en sit deksel op. Laat uie in toe pot stowe vir 8 – 10 minute. Roer af en toe. Voeg blomkool by en roer. Maak weer toe met deksel en stowe vir nog 5 minute. Voeg melk en aftreksel by en bring tot kookpunt. Laat kook vir 20 – 25 minute of tot blomkool sag en gaar is. Geur goed met sout en peper. Verwerk in voedselverwerker tot gladde mengsel. Skep terug in kastrol en voeg ertjies by. Meng deur en laat stoom mengsel oor lae hitte tot ertjies sag en gaar is. Geur goed.