Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2013

Bykos

Blomkool-piekels

As jy van piekels as bykos hou, is dit die resep vir jou. Dit kan maande hou in die yskas.
Genoeg vir 6 – 8

• 10 ml heel koljander
• 10 ml mosterdsaad
• 5 ml komynsaad
• 1 lourierblaar
• 500 ml witwyn-asyn
• 5 knoffelhuisies
• 1 stuk gemmer (so groot soos duimnael), fyngerasper• 2 baba-uie, in ringe gesny
• 100 g (125 ml) suiker
• 10 ml sout
• 5 ml swartpeper-korrels
• 10 ml borrie
• 10 ml rissievlokkies
• 1 kop (sowat 340 g) blomkool, in los blomme gebreek
• 4 wortels, in ringe gesny

Droogbraai speserye en lourierblaar 3 – 5 minute in ’n warm middelslag-pot. Voeg res van bestanddele behalwe blomkool en wortels by. Bring tot kookpunt en kook 5 minute. Voeg blomkool en wortels by. Verwyder van hitte en gooi vuurwarm mengsel in glasflesse wat dig seël. Laat afkoel in flesse en piekel minstens ’n dag lank voor jy dit voorsit. Dit kan 2 – 3 maande in die yskas hou.