Oornag-lamsnek in Yorkshirepoeding

Oornag-lamsnek in Yorkshirepoeding FOTO Micky Hoyle

Bykos

Broccoli met kaassous

’n Klassieke gereg wat sy plek verdien op die Sondagtafel.

• 460 g langsteel-broccoli
• 55 g (60 ml) botter
• 35 g (60 ml) koekmeel
• 400 ml melk
• 150 g wit cheddarkaas, gerasper
• sout en varsgemaalde swartpeper

Stoom of kook broccoli tot net gaar. Hou eenkant warm. Smelt botter in ’n kastrol. Voeg meel by en roer goed met ballonklitser tot glad. Voeg melk bietjiesgewys by en roer goed ná elke byvoeging. Hou aan roer tot sous verdik het. Voeg kaas by en roer tot gesmelt. Geur met sout en peper. Gooi sous oor warm broccoli en sit warm voor.