sr1306koshoof_7_
Bykos

Bros polenta-aartappels

genoeg vir 6

• 8 aartappels, geskil
• 1 x 330 g-houer eendvet of
• 330 ml kanola-olie
• 100 ml sonneblomolie
• 1 hand vol tiemie
• 4 heel knoffelhuisies
• 100 g polenta
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Bring pot watertot kookpunt en gooi aartappels daarin. Kook vir 10 minute en dreineer. Plaas eendvet en sonneblomolie in oondpan. Voeg tiemie en knoffel by. Sit in oond vir 15 minute of tot warm. Rol halfgaar aartappels in polenta en plaas in warm vet. Bak vir 20 – 25 minute of goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor.