Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Bykos

Brosgebraaide camembertkaas met appelblatjang

My manier van kaasfondue maak, ʼn smeltsagte verrassing onder ʼn bros kombers van polenta.
(Genoeg vir 4)

Blatjang

  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • 200 g klam bruinsuiker (demerara)
  • 150 ml rooiwyn-asyn
  • 250 g (sowat 5) vars appels, in blokkies gesny
  • 100 g gedroogde appel, fyngekap

Kaas

  • 2 (165 g) camembertkaas-wiele
  • 2 eiers, geklits
  • 70 g (125 ml) glutenvrye meel
  • 90 g (125 ml) growwe polenta
  • sonneblomolie vir diepbraai

Blatjang
Plaas al die bestanddele in ’n middelslag-pot en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat stadig prut tot appels sag en pap is, sowat 45 – 60 minute. Voeg water by as dit droog kook. Verwyder van hitte en druk fyn met aartappeldrukker tot growwe mengsel vorm. Laat afkoel.

Kaas
Doop kaas in eier en rol in meel. Doop weer in eier en dan in growwe polenta. Herhaal proses nog 1 keer. Verhit sonneblomolie tot warm oor hoë hitte. Plaas kaas in warm olie en braai tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en sit voor met blatjang.