FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Bykos

Brosserige uie

genoeg vir 4

• 2 uie, geskil
• 70 g (125 ml) koekmeel
• knippie sout
• sowat 125 ml sonneblomolie

1 Halveer uie in die lengte. Sny elke helfte in skywe.

Stap 1

Stap 1

2 Gooi meel en sout in ’n bakkie en voeg uie by. Meng goed tot uie bedek is met meel.

Stap 2

Stap 2 

3 Haal uie uit meel en skud oortollige meel af. Plaas uie in ’n ander bakkie.

Stap 3

Stap 3

4 Verhit olie in ’n diep pan. Skep uie in olie en braai tot goudbruin en bros. Dit neem nie baie lank nie, so hou dit dop en roer elke nou en dan. Haal uie uit olie en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor.

Stap 4

Stap 4