FOTO Lee Malan

FOTO Lee Malan

6 uur tuis, eet half 7

Chilli Con Carne op soetpatat

Die brandsmaak van die maalvleis saam met die soet van die patat is ’n wenner!

genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 30 minute

•  4 middelslag-patats
•  60 ml heuning
•  30 ml komynsade
•  sout
•  30 ml olyfolie
•  1 ui, gekap
•  2 knoffelhuisies, fyngekap
•  30 ml brandrissie-vlokkies
•  30 ml fyn komyn
•  30 ml fyn koljander
•  30 ml tamatiepasta
•  500 g beesmaalvleis
•  60 ml soetwyn
•  1 x 400 g-blik kersietamaties
•  1 x 400 g-blik rooibone, gedreineer en afgespoel
•  hand vol vars koljander, gekap
•  varsgemaalde swartpeper
•  250 ml suurroom

Verhit oond tot 200 °C. Spoel patats af en druk met ’n skerp mes ’n paar gate in elk. Smeer met heuning en sit elke patat op foelie. Sprinkel met komynsade en sout. Draai patats toe in foelie en bak in oond vir sowat 30 minute tot sag, na gelang van hoe groot patats is.

Verhit olyfolie in ’n pan. Braai ui, knoffel en rissievlokkies. Voeg komyn, koljander, tamatiepasta en maalvleis by. Braai tot bruin van kleur. Voeg soetwyn en tamaties by. Kook sowat 15 minute. Voeg bone en vars koljander by en roer deur. Geur goed met sout en peper na smaak. Sny patats oop en vul met maalvleismengsel. Sit voor met suurroom en vars koljander.