Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Bykos

Gebraaide chorizo

Dié Spaanse spesialiteit word van varkvleis gemaak. Die sterk spesery wat die wors sy kenmerkende rooi kleur en geur gee, is Spaanse paprika. Sny 1 chorizo-wors in skywe. Verhit sowat 30 ml olyfolie in ’n pan. Braai wors sowat 2 minute aan elke kant en dreineer op  kombuispapier.  Sit warm voor met hamen- ertjiesop. Die twee gaan baie goed saam, want die sop bevat ook varkvleis.