Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Bykos

Croutons

Dis van Franse oorsprong en veral gewild in Caesar-slaai. Dis klein stukkies (veral ou) brood wat gebraai of gerooster word. Sny 6 snye witbrood se korsies af. Verdeel elke sny in 9 blokkies. Verhit sowat 125 ml olyfolie in pan. Die olie moet nie baie warm wees nie. Braai broodblokkies – nie alles op een slag nie – tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Sit voor saam met hamen- ertjiesop of enige ander sop van jou keuse.