Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS OKT/NOV 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Bykos

Droëperske-blatjang

Ek het hierdie resep ontwikkel van ʼn tamatieblatjang wat ek al gemaak het. Dit is die beste pasmaat vir die volstruis-terrien.

  • 300 g droë perskes, in stukke gesny
  • 1 klein rooi-ui, fyngekap
  • 1 rooi brandrissie, in skyfies gesny
  • 75 g bruinsuiker
  • 65 ml rooiwyn-asyn
  • 250 ml water

Sit al die bestanddele saam in ’n kastrol. Meng goed en bring tot kookpunt. Laat prut vir 50 minute tot dit die dikte van konfyt het. Laat afkoel en plaas in houer. Dit sal sowat 3 weke in die yskas hou.