Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Bykos

Edamameboontjie-en-kruisementpatee

Die klein groen boontjie is deesdae vars te koop in ons winkels. As jy dit nie kan kry nie, kan jy dit vervang met vars ertjies of boerbone
(genoeg vir 6)
KooKtyd: 15 – 20 minute

  • 480 g edamamebone
  • 25 g olyfolie
  • ½ ui, baie fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 2 takkies kruisement
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Bring pot met water tot kookpunt en gooi bone in. Kook 15 – 20 minute of tot die boontjies sag en gaar is. Plaas saam met res van bestanddele behalwe geurmiddels in voedselverwerker en puree op hoë spoed tot gladde mengsel. Gooi ekstra olyfolie by tot dit ’n smeerbare patee vorm. Geur goed met sout en peper. Laat afkoel in yskas tot yskoud en sit voor met warm brood.