Eendvet-aartappels
Bykos

Eendvet-aartappels

genoeg vir 8

• 21 aartappels, geskil (sowat 2 kg)
• 550 g eendvet (of 500 ml kanola-olie)
• 4 takkies tiemie
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Bring pot met water tot kookpunt en sit aartappels daarin. Laat kook vir 8 minute. Dreineer en laat effens afkoel. Krap met ’n vurk oor aartappels tot dit ’n growwe tekstuur het. Plaas eendvet, tiemie en knoffel in groot oondroosterpan. Sit in warm oond vir 20 minute. Haal bak versigtig uit oond en plaas aartappels in warm vet of olie. Sit terug in oond en bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Draai aartappels halfpad deur die bakproses om. Dreineer op kombuispapier en geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG of PDF.