Foto deur Lee Malan SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Bykos

Eier gebak in 3-bone op roosterbrood

Bone is propvol proteïene en vesel en baie gesond.
(Genoeg vir 4)
Gaarmaaktyd: 15 minute

  • 15 ml olyfolie
  • 1 rooi-ui, gekap
  • 3 geel soetrissies, in blokkies gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml rissievlokkies
  • 30 ml suiker
  • 500 g tamatiepuree
  • 400 g rooi botterbone (kidney), gedreineer en afgespoel
  • 410 g cannellini, gedreineer en afgespoel
  • 410 g botterbone, gedreineer en afgespoel
  • 4 eiers
  • brood van jou keuse, gerooster

Verhit olyfolie in ’n groot genoeg pan of 4 individuele panne . Braai ui en soetrissies saam. Voeg knoffel, rissievlokkies, suiker en puree by. Voeg al die bone by en roer goed deur. Kook so 5 minute. Breek eiers in tamatiebone en plaas deksel op. Kook stadig tot eiers gestol is. Geur met sout en peper en sit voor met roosterbrood.

Om te weet
Tamatiepuree – passata in Italiaans – is fyngemaalde tamaties wat deur ’n sif gegooi is. Tamatiepasta is ’n konsentraat wat ’n diep kleur en smaak aan kos gee. Jy kan albei in die supermark koop.