Foto deur Lee Malan SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Bykos

Franse roosterbrood gevul met sampioene, kaas en aartappel

Die Franse weet maar net hoe! Geniet dit vir ontbyt, middagete of aandete.
(Genoeg vir 4)
Gaarmaaktyd: 25 minute

  • 30 ml botter
  • 60 ml olyfolie
  • 3 middelslag-aartappels, in klein blokkies gesny
  • 250 g sampioene, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 100 ml brandewyn
  • paar blare vars basiliekruid, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 60 ml melk
  • 2 eiers
  • 8 snye witbrood
  • 100 g mozzarella-kaas, gerasper

Verhit helfte van die botter en olyfolie in ’n pan. Braai aartappelblokkies, sampioene en knoffel saam. Verlaag hitte, sit deksel op en stowe tot aartappel gaar is. Voeg brandewyn by en laat wegkook. Verwyder van hitte, roer basiliebruid by en geur met sout en peper. Klits melk en eiers goed saam en geur met sout en peper. Skep die aartappelmengsel bo-op 4 snye brood. Verdeel mozzarella-kaas in 4 en plaas op elke sny. Plaas sny brood bo-op, druk aan kante toe en doop in eiermengsel. Verhit ’n pan met res van die botter en olyfolie oor matige hitte. Braai broodjies in pan tot bros.