Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS APR/MEI 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APR/MEI 2014

Bykos

Gebottelde brandrissies

Lekker om te eet saam met ’n gereg wat ’n ietsie ekstra nodig het.
Genoeg vir 2 bottels van 750 ml elk

• 8 groot rooi brandrissies
• 8 groot groen brandrissies
• 875 ml wit asyn
• 45 ml growwe sout

Pak die brandrissies in 2 gesteriliseerde bottels. Gooi asyn en sout in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en vul bottels met warm asyn. Maak styf toe met deksels. Plaas bottels in ’n groot kastrol – die bottels moet regop staan. Bedek met water, maak kastrol toe met deksel en bring tot kookpunt. Laat kook 5 minute en haal kastrol van hitte af. Haal bottels uit met ’n tang. Laat afkoel.