Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS APR/MEI 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APR/MEI 2014

Bykos

Gebottelde pruime

Dis van nature ’n surerige vrug, maar die stroop met die heuning en suiker in maak dit heerlik soet.
Genoeg vir 2 bottels van 1 liter elk

• 900 g rooi pruime
• 800 g (1000 ml) suiker
• 500 ml heuning
• 125 ml water
• 2 kaneelstokke

Pak die pruime dig in 2 gesteriliseerde bottels. Plaas res van bestanddele in ’n kastrol en verhit oor lae hitte. Roer tot suiker heeltemal opgelos het en maak dan bottels heeltemal vol met warm stroop. Draai deksels styf op bottels en plaas in ’n groot kastrol – die bottels moet regop staan. Bedek met water en maak kastrol toe met ’n deksel. Bring tot kookpunt en verlaag hitte. Laat prut 20 minute. Haal af van hitte en haal bottels uit met ’n tang. Laat afkoel.