Foto deur Micky Hoyle

Bykos

Gebraaide aartappels

Resep deur NadègeLepoittevin-Dasse

Genoeg vir 8
• 4 knoffelhuisies
• 4 aartappels
• 250 ml eendvet
• growwe seesout

Gebruik die plat kant van ’n mes se lem en druk knoffelhuisies met skil aan tot dit oopbars. Skil aartappels en sny in groot stukke. Verhit so 30 ml van die eendvet tot warm in ’n groot oondpan. Braai aartappels en knoffel so 10 minute per kant of tot aartappels goudbruin raak. Gooi res van eendvet oor aartappels. Verlaag hitte en bedek pan. Braai aartappels nog sowat 1 uur of tot sag en gaar. Dreineer aartappels op kombuispapier en geur met sout.