Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Bykos

Gebraaide gnocchi

Ek het die eerste keer op televisie gesien hoe Nigella Lawson dit maak. Dis byna soos klein gebraaide aartappeltjies. Koop die gnocchi sommer in ’n verseëlde pak in die winkel. Dit hoef nie in die yskas gehou te word nie.

Genoeg vir 4 – 6

• 500 g gnocchi
• sowat 100 ml olyfolie
• sout

Plaas gnocchi in ’n mengbak. Gooi kookwater oor en laat staan vir 1 minuut. Dreineer in ’n vergiettes. Verhit olyfolie in ’n diep pan. Gooi gnocchi in olie en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en geur met sout.