Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Bykos

Gebraaide sneeu-ertjies

As jy pers en groen sneeu-ertjies meng, lyk dit baie feestelik, net reg vir dié tyd van die jaar.

• 30 g (30 ml) botter
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 360 g pers en groen sneeu-ertjies(mangetout)
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit botter en knoffel in ’n pan. Voeg ertjies by en braai sowat 5 minute. Geur met sout en peper en sit dadelik voor.