FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Bykos

Gebraaide uieringe

Die gebraaide uieringe is heerlik saam met steak of ’n burger van jou keuse.

genoeg vir 4

• 70 g (125 ml) bruismeel
• knippie sout
• 1 eier
• 125 ml melk
• 500 ml sonneblomolie vir braai
• 3 uie, geskil

1 Sif meel en sout in ’n mengbak. Klits eier en melk saam in ’n bakkie.

Stap1

Stap 1

2 Voeg geklitste eier en melk by gesifte droë bestanddele. Klits goed tot alle klonte weg is. Maak bak toe met ’n kombuislap en laat beslag sowat 20 minute rus. Verhit olie in ’n diep kastrol.

Stap 2

Stap 2

3 Sny uie in ringe en maak los van mekaar. Doop uieringe in beslag. Plaas versigtig in die warm olie en braai tot goudbruin en bros. Moenie alles op een slag braai nie

Stap 3

Stap 3 

4 Skep uieringe uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor

stap 4

stap 4