Foto deur Donna Lewis SARIE AUGUSTUS 2014

Bykos

Geelrys, opgetof

Gee dit ekstra smaak met amandelvlokkies.

Genoeg vir 6 – 8

  • 500 ml basmati-rys
  • 1 000 ml water
  • 45 ml borrie
  • 5 ml sout
  • 10 ml suiker
  • 1 x 250 g-pakkie rosyne
  • 100 g amandelvlokkies
  • 1 hand vol koljander, fyngekap

Plaas rys, water, borrie, sout en suiker in groot pot. Bring tot kookpunt en verlaag hitte. Laat stadig prut tot rys sag en gaar is, sowat 15 – 20 minute. Gooi nog water by indien nodig. Voeg rosyne, amandels en koljander by. Meng deur. Sit voor saam met kerrie.