FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Bykos

Gekaramelliseerde uie

genoeg vir 4

• 3 uie
• 25 g (30 ml) botter
• 30 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper

1 Skil uie en sny in ringe. Maak uieringe los van mekaar.

Stap 1

Stap 1 

2 Verhit botter en olyfolie saam in ’n pan.

Stap 2

Stap 2 

3 Voeg uie by en geur met sout en peper. Braai sowat 5 minute terwyl jy elke nou en dan roer.

Stap 3

Stap 3

4 Verlaag hitte van stoofplaat en maak pan toe met ’n deksel. Braai sowat 15 minute. Lig deksel elke nou en dan om uie te roer. Wanneer die uie sag is, haal deksel af en braai verder oop tot uie goudbruin is. Sit warm voor.

Stap 4

Stap 4