Bykos

Gekaramelliseerde uie

(6 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 4 rooi-uie (dis verkieslik, maar jy kan ook gewone uie gebruik), in skywe gesny
  • 30 ml bruinsuiker
  • 250 ml kookwater
  • 60 ml witasyn
  • 60 ml balsemasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n pan. Voeg die uie en bruinsuiker by. Braai vir sowat 5 minute. Voeg die water en albei asyne by. Geur met sout en swartpeper. Braai oor ’n lae hitte totdat al die vloeistof weggekook en die uie mooi bruin is. Haal uit die pan en laat afkoel. Rangskik slaaiblare op ’n bord. Plaas ’n tamatie-tertjie in die middel en skep van die gekaramelliseerde uie bo-op.