Bykos

Gekookte radyse

(4 porsies)

  • 500 g radyse
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • sap en gerasperde skil van 1 lemoen
  • 60 ml suiker
  • 50 g botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 400 ml water
  • 1 sprietui, grofgekap

Sny radyse se punte af en sny radyse in skywe. Plaas al die bestanddele buiten die sprietui in ‘n pan. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en laat prut vir sowat 30 minute. Roer nou en dan. Die stroop moet verdik en die radyse moet sag wees. Skep dit oor die vis en sprinkel sprietui oor.

Sit voor saam met:

  • 30 ml botter
  • 4 makriel-filette of vis van jou keuse
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Smelt botter in ‘n pan. Braai makriel-filette vir sowat 3 minute aan elke kant. Geur met sout en swartpeper.

Wenk: Oondrooster is dieselfde as die engelse roast. Dis bloot om groente of vleis in die oond te bak.