Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Bykos

Gemarineerde klein rosa-tamaties

Doen dit as jy bv. baie tamaties het.
(genoeg vir 1 bottel van 1 liter)

  • 1 kg baba-rosa-tamaties
  • 5 heel knoffelhuisies
  • 100 ml olyfolie
  • 6 vars takkies tiemie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas tamaties en knoffel op ’n bakplaat en gooi olyfolie oor. Oondbraai sowat 30 minute tot die vel van die tamaties begin frummel en effens lostrek. Haal uit oond en geur met sout en peper. Laat afkoel en skep die bakplaat se inhoud in ’n gesteriliseerde bottel met vars takkies tiemie. Hou sowat 5 – 6 dae in yskas.