Gemarineerde olywe met feta

Gemarineerde olywe met feta FOTO Lee Malan

Bykos

Gemarineerde olywe met feta

Tyd met Tapas

Laat jou gaste vergeet van tyd met ń verskeidenheid klein bakkies kos, warm en koud, en daarby heerlike, vars brood. So ń peusel-ete is sakpas en gemaak vir kuier.

Marineer die olywe reeds die dag tevore.

8 – 10 porsies

• 350 ml olyfolie van goeie gehalte
• hand vol vars tiemie
• 4 knoffelhuisies, grofgekap
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 500 g swart en groen olywe
• 6 wiele feta, in blokkies gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper

Meng olyfolie, tiemie, knoffel, sap en skil van suurlemoen saam. Voeg olywe en feta by. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in lugdigte houer en laat marineer in jou yskas vir 4 – 6 uur of oornag.

Gemarineerde olywe met feta

Gemarineerde olywe met feta
FOTO Lee Malan


 

Beplan jou spyskaart so:

• Begin reeds die vorige dag met die geregte wat oornag gemarineer moet word. Die meeste geur word vasgevang as kos tussen 4 – 6 uur marineer.
• Hou ’n balans tussen vegetariese geregte, seekos, vleis en slaai.
• Niks moet meer as twee happies groot wees nie sodat jou gaste aan alles kan peusel.
• Sit genoeg brood op die tafel. Maak seker daar is ’n verskeidenheid, soos volkoringbrood, rogbrood, platbrood en meer eenvoudige brode soos ciabatta.
• Moenie te veel warm happies kies nie, dit maak die lewe vir jou as gasvrou onnodig moeilik.

Edition SARIE Maart 2012 | Story Tydsaam met Tapas|Resep Gemarineerde olywe met feta