Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Bykos

Gemarineerde sampioene

Eet dit saam met koue vleis soos parmaham.

  • 500 g wit sampioene, in kwarte gesny
  • 375 ml olyfolie
  • sap van 2 suurlemoene
  • 2 knoffelhuisies, in skywe gesny
  • 4 – 6 vars takkies tiemie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng sampioene, olyfolie, suurlemoensap, knoffel en tiemie. Geur met sout en swartpeper. Maak bak toe met kleefplastiek. Plaas in yskas en roer elke nou en dan. Skep in bottel met volume van sowat 1 liter. Dit sal so 3 dae in die yskas hou.

Om te weet
Hoe langer jy sampioene marineer, hoe donkerder raak dit van kleur.