sk1108_italie_2_lighter
Bykos

Gemarineerde sampioene

  • 60 ml olyfolie
  • 45 ml water
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 lourierblaar
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 3 heel peperkorrels
  • 300 g baba- wit sampioene
  • sout na smaak

Verhit olyfolie, water, suurlemoensap, lourierblaar, knoffel en peperkorrels tot net by kookpunt. Gooi oor sampioene en geur met sout. Laat staan tot afgekoel. Jy kan die sampioene nou voorsit of jy kan dit 3 dae in die yskas marineer.