Bykos

Geroosterde beet en rooi-uie

  • 6 rooi-uie, met die skil
  • 10 bete, verkieslik dieselfde grootte
  • 125 ml balsemasyn
  • 125 ml bruinsuiker
  • 125 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 heel knoffelbol, kop afgesny

Verhit jou oond tot 180 °C. Sny die uie skil en al in kwarte. Was die beet deeglik en sny in kwarte. Plaas die uie en beet in ’n oondroosterpan en meng goed met die asyn, suiker en olyfolie. Geur met sout en swartpeper. Plaas die knoffel ook in die oondroosterpan. Rooster die groente vir 25 minute. Skep op ’n opdienbord en sit voor.