Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2012

Bykos

Geroosterde kekerertjies

Resep Deur Annerien Vermeulen

Genoeg vir 8 – 10 mense

  • 30 ml ligte olyfolie
  • 10 ml gemaalde komyn
  • 2,5 ml knoffelsout
  • 2,5 ml rooipeper
  • 2 ml seesoutvlokkies
  • knypie swartpeper
  • 2,5 ml gerookte paprika
  • 1 blikkie (410 g) kekerertjies, afgespoel en gedreineer

Verhit oond tot 180 °C. Meng die olie saam met al die bestanddele, behalwe die kekerertjies. Strooi mengsel oor kekerertjies en maak seker dat al die kekerertjies bedek is. Sprei plat uit oor ’n gesmeerde bakplaat. Oondbraai ongeveer 45 minute. Roer elke 10 minute totdat die kekerertjies bruin en bros is.