Foto deur Lee Malan

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Bykos

Geroosterde-knoffelhoemoes

Baie mense is skrikkerig vir knoffel weens die sterk geur. Die geheim is om vars knoffel te gebruik en dit goed gaar te maak. As jy dit rooster, gaan die slegte eienskappe verlore en net die lekker smaak bly.
(genoeg vir 6)
BaKtyd: 15 – 20 minute

  • 6 groot knoffelhuisies
  • 20 ml kanola-olie
  • 2 x 400 g-blikke kekerertjies, gedreineer en doppe verwyder
  • 60 ml tahini-smeer
  • 85 ml goeiegehalte-olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas knoffel op bakplaat en sprinkel kanola oor. Rooster in warm oond vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en sag. Plaas saam met res van die bestanddele behalwe die geurmiddels in voedselverwerker en puree op hoë spoed tot gladde patee. Geur baie goed met sout en swartpeper. Laat yskoud word in yskas en sit voor met tuisgebakte brood.