Foto deur
Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Bykos

Geroosterde uie

Gewoonlik pak ek klein uitjies om my lamsboud. Hierdie manier van uitjies gaarmaak is heerlik, veral die asynsmaak.

• 6 klein rooi-uie
• 6 klein wit uie
• 60 ml olyfolie
• 15 ml balsemasyn
• 4 takkies vars tiemie
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Pak uie in oondbak en gooi olie en asyn oor. Pak tiemie bo-op en geur met sout en peper. Maak bak toe met foelie en plaas in oond. Bak sowat 30 minute en haal foelie af. Oondbak oop vir nog sowat 45 minute tot uie mooi bruin en sag is. Sit warm voor.