Foto deur Donna Lewis SARIE JUNIE 2014

Bykos

Gordan Ramsay-tjips

Ek het die geleentheid gehad om by die meestersjef Gordon Ramsay se restaurant Maze in Londen te eet – en die kos was buitengewoon lekker. Iets wat my altyd sal bybly, is die eendvet-tjips.
genoeg vir 4

  • 6 groot aartappels, geskil
  • 500 ml eendvet
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • mayonnaise van goeie gehalte

Sny aartappels in skywe van 1 cm dik. Sny dan tjips van 1 cm breed uit elke skyf. (As jy vir Gordon Ramsay wil gelukkig hou, moet jy sorg dat elke tjip perfek gesny is, maar in my kombuis gaan dit oor lekker eet en liefde, so myne lyk nie almal eenders nie!) Bring pot met water tot kookpunt
en gooi die tjips daarin. Laat kook vir 2 minute. Dreineer dadelik en versprei eweredig op bakplaat sodat dit kan afkoel. Verhit eendvet tot baie warm in middelslagpot. Voeg afgekoelde tjips versigtig by en braai vir 5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Geur met sout en peper. Sit dadelik voor met mayonnaise.