Bykos

Groenbone met tamatie

Groenboontjies is die perfecte bykos vir ’n tradisionele Sondag middagete. Hierdie resep is lekker maklik en gesond.

  • 30 ml botter
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 200 g kersietamaties, in die helfte gesny
  • 700 g vars groenbone, heel
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die botter en olyfolie saam. Braai die ui tot sag en deurskynend – voeg die tamaties en groenbone by en braai verder vir nog sowat 8 tot 10 minute. Geur met sout en swartpeper.