Micky Hoyle

Micky Hoyle

Bykos

Groente-piccalilli

Tradisioneel in Brittanje word groente-piccalilli met cheddarkaas en varkvleispasteitjies as ’n “ploughman’s lunch” in ’n kroeg voorgesit. Picalilli het ’n suur smaak.
sowat 500 – 600 ml

  • 200 g klein worteltjies
  • 400 g blomkool
  • 1 groot ui, gekap
  • 180 g groenbone
  • 125 ml water
  • 35 g (75 ml) mielieblom
  • 150 ml water
  • 700 ml appelasyn (cider vinegar)
  • 65 ml fyn appelkooskonfyt
  • 10 ml mosterdpoeier
  • 10 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 2 ml sout

Plaas wortels, blomkool, ui en bone in ’n mengbak. Gooi kookwater oor en laat staan 5 minute. Dreineer in ’n vergiettes. Meng die 125 ml water met mielieblom tot ’n gladde pasta. Gooi die 150 ml water, asyn, appelkooskonfyt, mosterdpoeier, kerriepoeier, borrie en sout saam in ’n kastrol. Voeg die mielieblompasta by en bring tot kookpunt. Laat 10 minute oop kook en roer nou dan. Voeg gedreineerde groente by en laat nog 5 minute kook. Skep in gesteriliseerde bottels.