Foto deur Lee Malan

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Bykos

Hoender-satay-slaai

Resep deur Annerien Vermeulen

Die satay-sous maak die slaai regtig besonders. Daar’s wel ʼn bietjie vet in, maar die grondboontjiebotter is maar min.
(4 porsies)

  • 1 pak gemengde blaarslaai
  • 4 hoenderborsies (so 90 g elk), geposjeer en in blokkies gesny
  • 1 Granny Smith-appel, met skil aan en in blokkies gesny
  • 125 ml pitlose druiwe, gehalveer
  • 100 ml gemengde neute, gerooster

Slaaisous

  • 30 ml suikervrye grondboontjiebotter
  • 45 – 60 ml water
  • 10 ml sojasous
  • 1,5 ml gemaalde gemmer

Pak blaarslaai op ’n slaaibord uit. Rangskik die hoender, appel, druiwe en neute bo-op. Klits die vier bestanddele vir die slaaisous saam en sprinkel oor slaai.

Dieetkungige sê
Die neute en grondboontjiebotter maak die mono-onversadigde vetinhoud hoër